• slide8
  • slide7
  • slide6
  • slide5
  • slide4
  • slide3
  • slide12
  • slide9
  • slide13
  • slide10

Volg die Vleesbaai afdraai vanaf die N2 vir 15km, dan kry jy die plaas Excelsior aan jou linkerkant. “Excelsior” – Latyns vir “altyd hoër”. Dit is presies wat mens ervaar as jy op hierdie plaas wandel. Die twee mense aan stuur van sake, Stoffel en Pam Fivaz, leef hul liefde vir mekaar en hul Skepper daagliks op soveel kreatiewe maniere uit en streef daarna om die wêreld ‘n beter plek te maak, maak nie saak hoe gering hul bydrae. Hier word gelag en vreugde geput uit die samesyn van vriende en familie, of dit om die kombuistafel of ‘n braaivleis vuur is, hier weergalm skaterlag klanke om elke hoek en draai. ‘n Mens voel amper deel van die familie as jy ‘n paadjie saam hierdie twee mense gestap het, en met ‘n huis wat altyd oopstaan waar daar altyd ‘n ekstra bed is vir vriende kan mens nie anders as om tuis te voel nie.

Excelsior is ‘n ten volle funksionerende plaas waar boerdery aktiwiteite daagliks voortgaan en waar die afhanklikheid van ons Hemelse Vader gekoester word en Sy genade en magtigheid deurgaans beleef word, maar oor naweke word ‘n anderse vreugde ervaar, wanneer Pam en haar span die skuur omskep in ‘n sprokiesverhaal volgens die spesifikasies van elke bruid.

Die afgelope dekade is Pam besig om vir haarself ‘n naam te maak in die gemeenskap van Mosselbaai en besoekers aan hierdie vakansie dorp. Wat begin het as ‘n paar bordjies eetgoed vir die kinders se skoolfunksies elke nou en dan, is vandag ‘n alles omvattende funksielokaal met ‘n eg boeregeur.  Hierdie is ‘n ideale rustige plaasatmosfeer met ‘n see- sowel as berguitsig in ‘n landelike omgewing.

Die volgende dienste word aangebied:

  • ‘n Ruim ten volle toegeruste onthaalsaal (tot 250 gaste)
  • Uitsonderlike spyseniering
  • Blomme en dekor soos versoek
  • Kerk indien verlang – wit tent
  • Aanvangsdrankies en versnapperings
  • Gelisensieerde kontantkroeg met billike pryse
  • Verblyfverwysings (Honeymoon suite en bekostigbare gasteverblyf)
  • DJ aanbevelings
  • Video en fotograaf aanbevelings

 

(Tel) +27 (0)82 215 7067    (Faks) 086 568 1895  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.